TUIS

Published Newspaper

Click to read Newspaper
Banner

Nuutste Kommentare

no comments
 
Plaaslike sake-eienaars kan groot wen PDF Print E-mail
Written by Kouga Verslaggewer/Reporter   
Friday, 02 July 2010 09:16

PLAASLIKE sake-eienaars kan nou meeding om ’n gesogte titel en hope kontant in Sanlam/Business Partners se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie.

 

  Die algehele wenner kry R100 000 kontant en word as Suid-Afrika se Entrepreneur van die Jaar gekroon.

  Slegs eienaars van ontluikende, klein- en mediumsake-ondernemings mag deelneem.

  Dié kompetisie is in 1989 begin om erkenning te gee aan die visie, vernuwing, deursettingsvermoë, dryfkrag en toewyding van dié individue wat suksesvolle klein- en mediumsake bedryf.

  Vanjaar hou ’n dramatiese verandering vir die reeds invloedryke toekennings in, aangesien Sanlam sy gewig hierby ingegooi het en dit nou ook vir alle sake-eienaars in Suid-Afrika oopgestel is.

  Daar is drie kategorieë: Ontluikende Entrepreneurs (besighede minder as drie jaar oud), Kleinsake-Entrepreneurs (omset tot en met R20 miljoen per jaar) en Mediumsake-Entrepreneurs (omset meer as R20 miljoen, maar minder as R200 miljoen).

  Elke kategoriewenner sal R20 000 ontvang. Die algehele wenner sal, afgesien van R100 000 kontant, die geleentheid kry om ’n internasionale konferensie of handelskou by te woon sowel as uitgebreide blootstelling in die openbare domein. Laasgenoemde behoort verkope ’n hupstoot te gee.

  Met dié projek gaan daar ook vanjaar landwyd ’n reeks uitgebreide seminare en werkswinkels aangebied word wat op klein en mediumsake (SME’s) fokus. Dit bereik ’n hoogtepunt in Oktober met die aanbieding van ’n SME-konferensie waar besluitnemers hul opinie kan lug oor die omgewing waarbinne sake-eienaars opereer en oor die uitdagings wat hulle moet trotseer.

  Die seminare, werkswinkels en konferensie sal fokus op finansiële beplanning, besigheidsgeleenthede en -advies, toegang tot finansies, inligting oor die ontwikkeling op regsgebied en veranderinge aan die regulatoriese omgewing.

  Om ’n inskrywingsvorm te kry of besonderhede oor die kompetisie, besoek This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of bel vir Vick Nish by 011 713 6600.

 
Protea-krieketspeler haak op J'baai af PDF Print E-mail
Written by Kouga Verslaggewer/Reporter   
Friday, 02 July 2010 09:15

PROTEA-krieketspeler Colin Ingram en sy bruid Megan Olivier het op 12 Junie by Mentors-landgoed getrou.

 

Die landgoed het homself bewys as ’n trou-destinasie en het nou ook erkenning hiervoor gekry deur ’n beeldsending van die bruilof op Top Billing, ’n aktualiteitsprogram op SABC.

Hierdie beeldsending was op 24 Junie.

"Hierdie is wonderlike reklame en blootstelling vir Jeffreysbaai en die Kouga-area en sien ons dit ook as erkenning vir die bydra wat Mentors tot besigheid in ons omgewing maak," sê Githe-Meret Muir, bruilof-koördineerder by Mentors.

Colin en Megan was met die eerste oogopslag deur die landelikheid van Mentors-landgoed weggevoer.

Colin, wie se ouers ’n plaas op Thornhill het, en Megan se bruilof was elegant tog eenvoudig. Die kleure was swart en wit met ’n tikkie groen - groen appels was vir die naamkaartjies gebruik!

Die sjokolade-mousse troukoek wat in donker sjokolade ganache en Belgiese-sjokolade gedrapeer was, is deur Alexandra van Port Elizabeth gemaak.

Megan se trourok, gemaak deur Creations by Lauren, was soos iets uit ’n feëverhaal. Die rok, wat deur Megan self ontwerp is, het ongeveer drie weke geneem om te maak. "Ek wou nog altyd ’n prinses-tipe rok maak, aangesien dit elke jong meisie se droom is om ’n prinses te wees," sê Lauren.

Die rok het bestaan uit 12 meters Italiaanse satyn. Die korset was skuinsoor gedrapeer en het styf op die buustelyn tot die heup gepas. Die bo-stuk het bestaan uit kant wat met krale en 1 200 Swarovski-kristalle versier was.

Die onder-romp was ook met gekraalde kant versier, terwyl die bo-romp en trein netjies daaroor gedrapeer was. Die bo-romp was ook met pêrels en Swarovski-kristalle versier.

Die blomme vir die bruilof was alles wit. Groenigheid en vullers het direk van die Ingrams se plaas op Thornhill gekom.

Die gaste kon tydens die onthaal heerlik smul aan die disse wat Inge Woeke, die sjef by Mentors, voorberei het.

Colin en Megan wou die spyskaart so eenvoudig as moontlik hou.

Volgens Githe, het hulle baie goeie terugvoering van die huwelikspaartjie ontvang.

Graag wil ons saam met Mentors, en die hele Jeffreysbaai, vir Colin en Megan voorspoed vir hul huwelik toewens en dankie sê vir die bietjie glans wat hulle na ons dorp gebring het.

 
Diewe besteel Humansdorp Spar PDF Print E-mail
Written by Kouga Verslaggewer/Reporter   
Friday, 02 July 2010 09:13

’n SPAN diewe het verlede Sondagoggend tussen 1vm en 6vm op die Humansdorp Spar toegeslaan.

Met die oopsluit van die perseel het die bestuurder aan diens onmiddellik onraad vermoed toe die alarmstelsel nie wou deaktiveer nie en het sy gemerk dat iets skort toe sy sien dat die twee LCD-televisiestelle weg is.

Sy het haar onmiddellik na die plaaslike polisiestasie gehaas om die inbraak aan te meld.

Met die ondersoek het die Polisie en forensiesespan gevind dat die diewe toegang tot die perseel deur die dak bo die kantoor gekry het. Al die drade van die alarm, asook ander drade is geknip.

Die diewe het met een televisie weggekom, aangesien die ander televisiestel op die dak gevind is, asook twee skootrekenaars, die CCTV-stelsel, sigarette, kaas, polonie, hoender en lyfsproei.

Volgens die bestuur het die winkel derduisende rande se skade gelei, aangesien die winkel ook nie daardie dag kon oopmaak vir besigheid nie.

Gelukkig kon meeste teen die Maandag herstel word en kon besigheid weer voort gaan soos normaal.

Volgens Carl Trahms van Smhart-sekuriteit op Jeffreysbaai is die inbraak die werk van uiters professionele mense. "Ons het wel die eienaar reeds twee weke voor die inbraak gekontak om hom inkennis stel dat die sekuriteitstelsel opgegradeer moet word, weens ’n vlaag van groot inbrake in die omgewing die afgelope tyd," sê Trahms.

"Ongelukkig was die eienaar uitstedig en kon daar nie sonder sy toestemming opgegradeer word nie."

Die polisie ondersoek steeds die saak.

 
Boekefees hierdie naweek! PDF Print E-mail
Written by Kouga Verslaggewer/Reporter   
Friday, 02 July 2010 09:14

DIE eerste Fees van die Ongepubliseerde Boek vind hierdie komende naweek in die Newtonsaal op Jeffreysbaai plaas.

Hierdie fees bied aan alle skrywers wat self-gepubliseer is die geleentheid om hul boeke aan die massas bekend te stel.

Andre Bekker, wat self ’n skrywer is, is aan die stuur van die organiseringskomitee van hierdie fees.

"Ek wil graag aan almal wat bygedra het om die fees die sukses te maak wat dit gaan wees, asook al die duisende skrywers van regoor die land, hartlik te bedank," sê Andre.

"Graag wil ek ook die media bedank vir hul insig om die boodskap uit te dra, asook aan die besighede wat die welwillendheid getoon en ons visie met ons gedeel het. Asook aan die gewaardeerde besighede wat wonderlike skenkings gemaak het om interessante kompetisies aan te bied."

Die kompetisies sluit onder meer die volgende in:

Oogkundige Sandra Coetzer, het ’n hoë gehalte sonbril geskenk wat deur die persoon gewen kan word wat die korrekte verkoopsprys van die bril kan raai.

Studio d’Originale het ’n koopbewys vir ’n keuse van ontwerpersjuwele geskenk. Al wat jy moet doen om dit te wen, is om die karaat-gewig van ’n edelsteen te raai.

Schalk van Vrieskas sal ’n groot vleispak gee aan die persoon wat die lelikste gesig kan trek.

Die skilders van Jeffreysbaai sal ook tydens die Fees hul kuns ten toon stel.

Dr. Gert Coetzee, ’n gevierde taalkundige en akademikus, is die gasspreker tydens die wees. Niemand mag hierdie groot gees se wyse woorde mis nie. Daarna kan besoeker ook vasgenael sit om te luister na Werna Maritz, Peet Coetzee, Karin Smith en Rose Dugmore, almal skrywers van formaat, se vertellings en herinneringe.

Elsabé Rademeyer se goue stem sal besoekers Saterdag om 1nm en sondag om 12nm vermaak.

Vrydag- en Saterdagaand, sal die Crystals ’n opvoering lewer. Hierdie kwartet kom al die pad van Polokwane.

Sekuriteit sal deur Carl Trahms en die res van die Smhart-personeel gehandhaaf word.

"Ek doen ’n beroep op elkeen wat in ons mooi dorp is ten tye van ons Fees, om dit by te woon en te ondersteun. Kom maak kennis met die skrywers, koop ‘n getekende boek, neem deel aan ons interessante kompetisies, en moedig die jeug aan om ons kultuurerfenis te respekteer," sê Andre.

Vir meer inligting, bel Andre by 079 180 7663 of besoek die webtuiste www.boekfeesjbay. co.za.

 
'Bible collector' cleans out residents PDF Print E-mail
Written by Kouga Verslaggewer/Reporter   
Friday, 02 July 2010 09:11

A man who allegedly tricks residents into letting them into their homes under the auspice that he collects Bibles for redistribution amongst previously disadvanted communities in turns robs them of their belongings.

The coloured man is still at large.

"He tells people that he is a Christian collecting old Bibles," says W/O Petra Els, police spokesperson.

"People are inclined to trust a man of the church and invite him into their homes.

"Be warned as this man is not a man of God. While the owner of the house is looking for a Bible to give to the man, he steals cell phones, cash, laptops and anything else lying around, after which he pulls a disappearing act."

Should any person see this man around town, they should contact the Jeffreys Bay SAPS immediately.

 
«StartPrev12NextEnd»

Page 1 of 2
Banner
 

Aanlyn

We have 1 guest online