News / Kinders vuur en vlam na brandweer-vertoning

WENDELL Jacobs van Andrieskraal is vuur en vlam om ‘n brandweerman te word wanneer hy groot is.

Dít nadat dié 14-jarige en sy skoolmaats van Andrieskraal Primêr en Du Preez Primêr in die Gamtoosvallei en Cockscombe Primêr in die Baviaans ‘n vertoning deur die Kouga-munisipaliteit se brandweer bygewoon het.

Wendell was een van die jonges wat met oortuiging sy lyf brandweerman kon hou tydens die vertoning. Elke keer as daar ‘n geleentheid was vir die kinders om deel te neem, was sy hand eerste op . Só het hy sy vernuf met beide ‘n brandblusser en brandslang tot luide applous ten toon gestel.

Kouga burgemeester Booi Koerat vertel dat die munisipaliteit se brandweer ten minste twee keer per maand vertonings in gemeenskappe aanbied om inwoners bewus te maak van basiese brandveiligheid.

“Nalatigheid is een van die grootste oorsake van brande,” sê hy. “Dink maar aan iemand wat ‘n kers opsteek en dan die vertrek verlaat sonder om die kers dood te blaas. As daardie kers omval, kan dit die hele huis in vlamme laat opgaan. Die hoofdoel van die vertonings is om gemeenskappe bewus te maak van hierdie alledaagse brandgevare.”

Hy sê die brandweer geniet dit veral om vir skole vertonings te hou.

“Kinders neem deel met soveel genot en aandag,” sê hy. “Hulle neig ook om brandveiligheidswenke ernstiger op te neem as volwassenes. Dit speel ‘n belangrike rol in die skep van bewussyn, omdat hulle dan hulle ouers by die huis vertel wat hulle geleer het.

“Elke kind en volwassene wat hierdie vertonings bywoon, kan help om ‘n lewe te red met dit wat hulle leer. Gevolglik is ons baie dankbaar aan ons brandweer dat hulle tyd maak vir hierdie belangrike bewussynsveldtogte.”

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs