News / Voedsel-, wyn- en kaasfees kom Baai toe

PORT Elizabeth gaan binnekort gasheer speel vir die grootste voedsel-, wyn- en kaasfees wat tot nog toe hier gehou is.

Die Nelson Mandelabaai Voedsel-, Wyn- en Kaasfees, wat met die ondersteuning van Nelson Mandelabaai Toerisme aangebied word, is soortgelyk aan “The Good Food and Wine Show”, wat jaarliks in Johannesburg, Durban en Kaapstad gehou word en deur derduisende mense besoek word.

Die organiseerders van die plaaslike fees verwag sowat 35000 besoekers vanoor die metro en omstreke oor die feestydperk. Die fees begin om 1nm. op Donderdag, 29 Maart tot Sondag, 1 April.

Die program, wat ontwerp is om die hele gesin te pas, is propvol interessanthede met wyn en kaas, whiskey en kaas asook brandewyn en sjokolade wat geproe word.

Verder is daar sowat 300 stalletjies gelaai met kos, kaas en wyn vir wie ook al wil eet, proe en drink.

Voedselvoorbereiding en koskook-demonstrasies deur bekende sjefs vind ook deur die dag plaas en behoort vir die meeste dames en mans wat die kombuis geniet, ’n groot trekpleister te wees.

Die kinders (2 tot 6 jaar en 7 tot 18 jaar) kan heerlik baljaar in twee speelparke, terwyl die ouers hulself in vyf reusagtige markiestente geniet. Die fees word op die rugbyvelde van die Hoërskool D.F. Malherbe in Walmer gehou.

Donderdag is die toegangkaartjies vir kinders tot 16 jaar oud en ligaamlik gestremdes gratis. Volwassenes en studente betaal op Donderdag slegs R30. Vanaf Vrydag tot Sondag is die toegang duurder.

Kaartjies kan by Computicket bespreek word of by die hekke gekoop word.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Friday 2012-05-18
Please select your area for forecast
CPT 12° - 14° icon
PTA 7° - 24° icon
JHB 5° - 21° icon
BLOEM 2° - 23° icon
DBN 16° - 27° icon
PE 9° - 19° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs