REEDS met die intrapslag sien mens dit is ’n skool wat oorloop van talent.
Die vertoonkas aan die linkerkant kreun behoorlik onder al die trofees, en die tafel in die personeelkamer dra net so swaar aan al die trofees wat tydens die afgelope SOK-byeenkoms verower is.
Die geheime resep vir al dié sukses: die lekker appels wat die leerders eet. Só vertel die laggende onderwysers met ’n vonkel in die oog.
Leerders van die Laer- en Hoër- skool McLachlan in Joubertina het weereens koning gekraai tydens die jaarlikse SOK-byeenkoms, wat die jaar vir die 61ste keer aangebied was. Wat die prestasie nog meer be-sonders maak, is dat die oorwinning te midde van die skool se 100ste bestaansjaar is.
Skole van die Oos-Kaap en Wes-Kaap wat meeding is Wittedrift, Uniondale, Zwartberg, Paul Sauer en Mclachlan.
Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat die skool as wenners in beide die laerksool- en hoërskool-afdeling aangewys is. McLachlan spog ook as die algehele wenner van die dag.
Die volgende atlete het elk ’n sportsak vir beste prestasie in hul ouderdomsgroep gewen:
.0/9 Seun: Aiden Strydom (80m)
.0/10 Dogter: Tiffany Ruiters (100m)
.0/11 Seun: Jandré Aucamp (70m H)
.0/11 Dogter: Kyla Kennedy (Gewigstoot)
.0/12 Seun: Xandré Stone (75m H)
.0/12 Dogter: Meike Strydom (Skyfwerp)
.0/13 Seun: Carl Kritzinger (80m H)
.0/14 Seun: Keanon Smith (100m)
.0/15 Dogter: Elmoré Ferreira (Spiesgooi)
.0/17 Seun: Clinton Thorn (100m)
.0/17 Dogter: Tanya Swanepoel (Skyfwerp)
.0/19 Dogter: Lukrisia Goliath (Gewigstoot)
Trofees vir veelsydigheid:
.Junior Seun 0/9 - 0/13: Xandré Stone
.Junior Dogter 0/9 - 0/13: Lisa Kotze
.Senior Seun 0/14 - 0/19: Clinton Thorn
Spanbekers is toegeken aan:
.0/9 - 0/12 (seuns en dogters)
.0/13 (dogters)
.0/14 (seuns)
.0/15 (dogters)
.0/19 (seuns)
Junior Victrix Ludorum
.Meike Strydom - 0/12 Diskus
Junior Victor Ludorum
.Xandré Stone - 0/12 75m Hekkies
Senior Victrix Ludorum
.Tanya Swanepoel - 0/17 Diskus