NIÉ net hou dit ’n veiligheidsrisiko in nie, maar die omgewing word ook negatief beïnvloed en potensiële kopers loop wye draaie om erwe in die gebied.
Sommige inwoners vrees selfs dat die struktuur op hulle huise sal beland.
Dít is die gevoel van menigte inwoners van Bottelbrushsingel in Wavecrest, Jeffreysbaai wat daagliks teen ’n onvoltooide huis-struk- tuur moet vaskyk.
Volgens ds. Emile van Zyl en sy vrou Elsa, wat regoor die struktuur woon, sukkel hulle al vir die afgelope 5 jaar onverpoos om die munisipaliteit sover te kry om iets aan die onooglike struktuur te doen, maar sonder enige sukses.
“Elke keer wanneer ek en my vrou in die sitkamer sit en by die venster uitkyk, is dít dié gesig wat ons groet,” het ’n ontstoke Van Zyl gesê.
“Behalwe dat dit ’n sig vir seer oë is, hou dit ook ernstige veiligheidsgevare in. As die wind sterk waai, dan beweeg die konstruksie van kant-tot-kant. Dit is net ’n kwessie van tyd voor die struktuur gaan omval.
“Verder woon daar ook baie kinders in die buurt en hulle gaan speel gereeld op die onveilige erf. Daar is wel ’n kennisgewing op - No entry to building site - maar dié kennisgewing is slegs in engels en meeste van die kinders hier is afrikaans.
“Dit lyk asof die munisipaliteit nie by magte is om iets aan die situasie te doen nie. Die vraag is nou: Het ons in ’n doodloostraat beland en moet ons die situasie maar net gelate aanvaar?”Volgens Elsa Biljon, wat reg langs die onvoltooide struktuur woon, vrees sy vir die dag wannner die struktuur gaan ingee en op haar huis te lande gaan kom.
“Die staalstruktuur is aan die elemente van die natuur blootgestel en daar het reeds een van die balke afgeval,” het Biljon gesê.
“Die probleem raak die hele buurt. Potensiële kopers loop verby oop erwe in die gebied en die waarde van die huise word ook negatief beïn-vloed. Almal hier is dit eens: die struktuur moet af.”
Inwoners Len en Gertie Leslie, wie se uitsig van die see deur die staalkonstruksie bederf word, is ook die herrie in dat die munisipaliteit sy voete sleep om die probleem daadwerklik aan te spreek.
Ten spyte van vele skriftelike navrae aan die munisipaliteit, is dié bure nie veel wyser nie en voel hulle dat die keer wat hulle nie geïgnoreer word nie, hulle van bakboord na stuurboord gestuur word.
Volgens munisipale woordvoer-der, Mfundo Sobele, sleep dié saak al langer voort as wat hulle aanvanklik vermoed het dit gaan, weens die eie-naars wat oorsee is.
“Die saak is nou aan ons prokureurs oorhanding om die eie-naars volgens die wet te verplig om óf van die struktuur gebruik te maak, óf om dit te vernietig.
“Ons is hoopvol dat die saak spoe-dig opgelos sal word. Die munisipa-liteit verstaan die uitdagings en potensiële bedreigings wat deur die bure op ’n daaglikse basis in die gesig gestaar word, asook die eindlose frustrasie daarvan.”