Laerskool McClachlan in Joubertina het Maandag tot die vermaak van die Graad 5-klas ’n onverwagte besoeker by die skool verwelkom.
Mnr. Uil het die kinders se mondeling so geniet, dat hy besluit het om ook ’n “leerling” vir die dag te wees. Nooit het hy besef dat sy teenwoordigheid die klas in rep en roer sou hê nie. Eers toe Roger Smith hom uit die klaskamer verwyder het, kon die juffrou met die dag se werk voortgaan.
By Smith en Mnr. Uil is graad 5-juffrou Dalene Bohnen en leerders Zanellé Myburgh, Kayla de Gouveia, Anton van der Mescht en Willie Aucamp