|
DIT is amptelik. Die Kouga Besigheidsforum Sakeleier van die Jaar vir 2009 is Lex Gutsche van Woodlands Dairy. Hierdie gesogte toekenning is tydens ’n kaas-en-wyn-geleentheid Maandagaand by Mentors Landgoed op Jeffreysbaai deur die president van die Afrikaanse Handelsinstituut, Deon Huysamen, aan Owen Gush (wat Lex op die aand verteenwoordig het) oorhandig.
’n Totaal van 147 lede het die aand bygewoon en het almal aandagtig na prof. Stef Coetzee se praatjie oor "Zumanomics" en die huidige ekonomie geluister.
Die toekennings was as volg:
Sanlam Trofee as Sakeleier vir 2009 in Hankey: Charl Ferreira van Hankey Sitrus Pakkers.
AHI Trofee vir Sakeleier vir 2009 in Humansdorp: Lex Gutsche van Woodlands Dairy.
Labacor Trofee vir Klein Besighede in Jeffreysbaai: Casper Lötter van Ubuntu Bricks.
Pam Golding Trofee vir Groot Besighede in Jeffreysbaai: Deon & Marina Els, asook Marius & Loula Luiters van LM Seafoods Group, bekend as Gisters / Kospot & Groentemandjie.
Kouga Besigheidsforum Trofee vir Sakeleier vir 2009 in Loerie/Thornhill: Mick Bellingham van Bellingham & Smith.
Chas Everette Trofee vir Sakeleier vir 2009 in St Francisbaai: Tim Christy van St Francis Saffaris.
Werknemer van die Jaar Trofee: Jan van den Heever van Laundry Factory.
Louis Venter Trofee vir Kleinbesigheid van die Jaar in Kouga: Casper Lötter van Ubuntu Bricks
ABSA Trofee vir Projekleier in die Kouga: Dr J Huysamen van Policlinic
Eldred van Rensburg Trofee vir Kouga Opkomende Besigheid van die Jaar: Jayne Davies van In Food Deli & Restaurant
Kouga Sakeleier van die Jaar 2009: Lex Gutsche van Woodlands Dairy.
|