TUIS >> Nuus >> Ander | Other >> Jeffreysbaai was Heine se vakansieplek
Jeffreysbaai was Heine se vakansieplek PDF Print E-mail
Written by Ellen Hancke   
Thursday, 04 June 2009 12:00

HY was met ’n onlangse besoek aan Jeffreysbaai nog so opgewonde oor sy pas voltooide vakansiehuis.

 Erich en Alet Heine tydens een van hul vorige vakansies op Jeffreysbaai. Voor is hul tweelingdogters Anja en Melissa.

Erich Heine (41), die Suid-Afrikaner wat aan boord van vlug 447 van Air France was wat eergisteroggend oor die Atlantiese Oseaan verdwyn het.

Heine sr., ’n bekende in onderwyskringe, en sy vrou Annetjie het by hul huis in Eikestraat hier gesê Erich jr., sy vrou, Alet (36), en hul drie dogters het in April in Jeffreysbaai gekuier. Alet Heine het op 18 April verjaar en sy en haar man het toe ’n paar dae lank in ’n wildreservaat gaan ontspan.

Haar ouers, Eben en Elsabé Jansen van Rensburg, is ook van die Oos-Kaap en is op pad na hul dogter in Brasilië.

Die jong Heine-egpaar en hul drie dogters, Kirsten (6) en die tweeling Anja en Melissa (4), woon die afgelope jaar in dié Suid-Amerikaanse land, waar Heine vir die Duitse staalreus ThyssenKrupp werk.

Heine sr. sê sy seun het onlangs die nuus ontvang dat hy tot die direksie van die maatskappy aangestel is. Hy was voor sy vertrek hoofbestuurder by die Mittal-staalaanleg in Vanderbijlpark.

Heine sr. sê sy seun het hom gereeld een of twee keer per week gebel en het verlede week nog met hom gepraat. Die Heines het uitgesien na hul vakansies in Jeffreysbaai en het ’n ou huis in Tamariskstraat onlangs in ’n splinternuwe vakansie-kuierplek herbou.

Sy pa sê Heine was uitsonderlik beskeie en nederig. Heine het siviele inge-nieurs-wese aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en daarna sy MBA aan die Vaaldriehoek-kampus van die Universiteit van Potchef-stroom behaal.

Hy het aan Lyttelton Manor in Pretoria gematrikuleer.

Sy vrou is ’n chemiese ingenieur wat aan die Universiteit Stellenbosch gegradueer en in Cradock gematrikuleer het.

Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Last Updated on Friday, 05 June 2009 12:13
 
Banner