TUIS >> Nuus >> Ander | Other >> Gemeenskap rou oor skoolhoof se dood
Gemeenskap rou oor skoolhoof se dood PDF Print E-mail
Written by Tanya van Heerden   
Thursday, 18 June 2009 10:35

DIE gemeenskap van Jeffreysbaai en omgewing is in rou gedompel ná die nuus oor die geliefde skoolhoof van die Laerskool Jeffreysbaai se afsterwe.André Theron, ’n geliefde skoolhoof en vriend.

 

André Theron (54) is laat verlede Woensdagaand oorlede nadat hy ’n massiewe beroerte tydens ’n wegbreeknaweek in KwaZulu-Natal gehad het.

  Theron was in ’n koma en het erge bloeding op die brein gehad.

  Hy en sy vrou Marietjie was vir ’n langnaweek in die Drakensberge-omgewing toe hy vroeg wakker geword en begin sleg voel het.

  Hy is na La Verne, ’n privaat hospitaal in Ladysmith geneem waar hy in ’n koma verval en nie weer sy bewussyn herwin het nie.

  Sy drie kinders, Francois, Elizabeth en Daph-Mari (17) het later by hul ma aangesluit waar hul by hul pa se bed gewaak en op beterskap gehoop het.

  Francois het vroeër aan die Kouga Express gesê dat hul glo en vertrou hul pa sal regkom en het gevra die gemeenskap moet saam met hul bid vir sy pa se beterskap.

  Intussen het talle skole, ouers en kinders

Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Last Updated on Thursday, 18 June 2009 11:06
 
Banner