|
Be on the lookout for a red VW Golf |
|
|
|
|
Written by Kouga Verslaggewer/Reporter
|
|
Friday, 02 July 2010 09:09 |
|
RESIDENTS of Jeffreys Bay should be on the lookout for a red VW Golf with very flashy mag wheels, of which the registration number is unknown.
This is a warning issued by the Jeffreys Bay SAPS after investigations have led them to believe that the occupants of this vehicle have possibly been involved with housebreaks in Jeffreys Bay.
According to information, a white male and coloured male where seen driving the vehicle.
"Apparently, they have been picking up and dropping of people in the Wavecrest area," says W/O Petra Els, police spokesperson.
A vehicle was also stolen last week.
"The vehicle was fortunately recovered, but Police would like to warn the public not to leave their vehicles parked outside or in a dark area overnight.
"If you don’t own a garage, make sure the vehicle’s alarm is activated. If the vehicle doesn’t have a alarm, fir a gorilla or gear lock. Take out the condenser overnight, or park the vehicle in front of a bedroom window. Two poles with a beam and lock is also a cheap way to secure the vehciles in your driveway," says Els.
Should any person encounter the red VW Golf, they should contact the Jeffreys Bay SAPS.
|
|
|
Walvis op Humansdorp begrawe |
|
|
|
|
Written by Kouga Verslaggewer/Reporter
|
|
Friday, 02 July 2010 09:07 |
|
KAAP St. Francis se dertigton-walvis, wat verlede Dinsdag hier by die ligtoring tussen die rotse uitgespoel het, is nie in die see opgeblaas nie, maar toe by die stortingsterrein op Humansdorp begrawe.
Dit het ’n span van tien mans verlede Donderdag tot net voor 7nm gekos om dié reus op ’n vragmotor te laai.
"Hy’s lelik groot," het Stanley Baartman, voorsitter van die rampbestuursafdeling, gesê. Sover hy weet, is dit die eerste keer dat ’n walvis hier uitgespoel het.
Die boggelrugwalvis sou aanvanklik eers see-in gesleep word, maar kon die Kouga-munisipaliteit en natuurbewaring nie van die Port die nodige toestemming ontvang nie. "Dit het glo te make met die internasionale seeregulasies en die tjokka-industrie," sê Laura-Leigh Randall, munisipale-woordvoerder.
Die walvis is toe verlede Donderdag na ’n lang gesukkel deur Auto Towing na die Humansdorp-stortingsterrein geneem om begrawe te word.
Hierdie reëling het groot konsternasies onder die inwoners meegebring, nadat ’n Brommer-plaag op die dorp toegesak het.
"Die karkas is verantwoordelik vir die Brommers wat tans die dorp oorneem. Daar is tog sekerlik gesondheidsfaktore wat in ag geneem moet word. Weet die gesondheidsinspekteure hiervan?" sê een van die inwoners.
Volgens Laura-Leigh Randall, is die Brommer-probleem nie weens die walvis nie.
"Alle voorsorg is getref dat die walvis nie gesondheidsrisiko’s vir die inwoners inhou nie," sê sy.
Randall se voorts dat die walvis in ’n 6½m graf geplaas is, waarna dit "opgeblaas" is en met die nodige kalk en chemikalië behandel is. Die graf is daarna toegegooi.
"Ons het wel ondersoek gaan instel en het gevind dat onwettige biologiese afval wat daar gestort word die trekpleister vir al die Brommers is. Die Munisipaliteit en die Gesondheids-afdeling stel ondersoek in," sê Randall.
|
|
|
|
|
|
Page 2 of 2 |